Die Kolonel
13th June 2008, 12:27
Huursoldate dryf steeds oorloë in Afrikalande
Jun 12 2008 08:32:49:977PM - (SA)
Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend
Erika Gibson
Die Suid-Afrikaanse regering probeer hard om huursoldaatbedrywighede aan bande te lê, maar in die res van Afrika blom dié bedryf.
Dit het aan die lig gekom dat Russiese vegvlieëniers – beide dienende lugmagvlieëniers en afgetredenes – by die gewapende stryd in Darfoer, Soedan, betrokke is.
Verskeie lande, waaronder China, vry met die verskaffing van tenks na die guns van beide opponerende groeperings in Soedan weens dié land se olierykdom.
Volgens die militêre webblad Strategypage (www.strategypage.com) is hard gepoog om die dood en betrokkenheid van ’n Russiese vegvlieënier in Soedan stil te hou, maar dit het nietemin uitgelek. Die vlieënier is dood toe rebelle uit Darfoer in Mei met ’n konvooi van 200 voertuie die hoofstad, Kartoem, bestorm het.
Die rebelle was op pad om die presidensiële paleis oor te neem toe die Soedanse weermag sy MiG-29-vegvliegtuie se hulp ingeroep het.
Die vliegtuie het op die konvooi begin skiet, maar die vlieëniers het nie rekening gehou met die feit dat die rebelle met 12,7 mm- en 14,5 mm-masjiengewere bewapen was nie. Hulle het op die vliegtuie losgebrand en een van die MiG’s getref. Die vlieënier het betyds uitgeskiet, maar die uitskietstoel se valskerm het nie ontplooi nie en hy het hom doodgeval.
Die Soedanse regering en Rusland het die voorval probeer geheim hou. ’n Soedanse radiostasie is selfs gesluit nadat hy daaroor berig het. Dit het egter oor die internet uitgelek en in Rusland uitgekom.
Luidens die webblad is Russiese vlieëniers in verskeie Afrikalande – veral dié in konflik – betrokke as “instrukteurs”. Russiese vragvliegtuie en helikopters word dwarsoor die vasteland ingespan. Dit was egter nié bekend dat Russiese vlieëniers aan die stuur van Soedan se 14 MiG-29-vegvliegtuie is nie. Hul hulp is glo ingeroep om Soedan se vegvlieëniers op te lei. Omdat dié land min vlieëniers het, moes die meeste van voor af opgelei word.
Die meeste van die studente is weens hul lojaliteit eerder as hul vaardigheid gekeur, wat beteken heelparty het nie goed gevaar nie – veral op gevorderde vliegtuie soos die MiG-29.
Die Soedanse regering het daarom nóg “instrukteurs” gehuur sodat sy vegvliegtuie optimaal teen die rebelle gebruik kan word. Die gehuurde vlieëniers se senuagtigheid oor die onderhoud van die vliegtuie in onvaardige hande het daartoe gelei dat al meer Russiese en Oekraïnse tegnici ook in diens geneem word.
http://www.news24.com/Beeld/Wereld/0,,3-71_2339843,00.html